Welgemoed Primary SchoolWelgemoed Laerskool




Akademiese Inligting

Skool Program

GRONDSLAGFASE - Graad 1-3

GELETTERDHEID
Huistaal: Afrikaans
Eerste Addisionele Taal: Engels
Tweede Addisionele Taal: Xhosa(Graad 3)
Geïntegreerde taalprogram: luister, praat, lees en kyk, skryf, dink en redeneer, taalstruktuur en –gebruik

SYFERKUNDIGHEID
Ontwikkeling van vaardighede en kennis: Fisiese kennis, sosiale kennis & logiese kennis

  • Getalle, bewerkings en verwantskappe
  • Patrone, funksies en algebra
  • Ruimte en vorms
  • Meting
  • Datahantering

LEWENSVAARDIGHEDE

  • Lewensoriëntering: Gesonde lewe, Sosiale ontwikkeling, Persoonlike ontwikkeling, Fisiese ontwikkeling en Beweging.
  • Tegnologie
  • Kuns en Kultuur
  • Natuurwetenskap
  • Menslike en Sosiale wetenskap
  • Ekonomiese en Bestuurswetenskap

Intermediêre- & Senior Fase Graad 4 - 7

Grade 4 – 7: Agt leerareas

  • Tale: Afrikaans/Engels
  • Wiskunde
  • Natuurwetenskap
  • Sosiale Wetenskappe (Geskiedenis & Aardrykskunde)
  • Tegnologie
  • Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
  • Kuns en Kultuur
  • Lewensoriëntering

Hoe verloop ‘n normale dag in Laerskool Welgemoed?

  • 08:00 – 08:30 Leesperiode (Maandag tot Donderdag)
  • 08:30 – 14:00 Akademiese onderrig
  • Afronding van opvoedkundige projekte op kultuurgebied en formele onderwys,
    bv. kampe, Akkedissie-toneelfees, word ingesluit in ons dag- en kwartaalprogram.

Leierskapontwikkeling
Leierskapontwikkeling vind plaas in die vorm van die skakelraad, wat uit sestien lede  bestaan. Uit elke klas word daar demokraties vier leerders verkies wat vir een semester op die komitee dien, waarna daar weer 'n nuwe skakelraad verkies word vir die tweede semester. Projekte word in groepsverband aangepak met die nodige ruimte vir individuele groei ook op hierdie gebied.

Leerareamateriaal
Future Entrepreneur-handboeke (hoofhulpbron)
Handboeke van verskillende uitgewers (Aanvullend)

Evaluering
Deurlopende assessering en evaluering van leerders se vordering vind plaas met geleenthede vir interaksie tussen ouers en opvoeders. Slegs formele assesseringstake in elke leerarea word opgeteken in leerders se vorderingsverslae. Die departement bepaal die vereiste aantal assesseringstake per leerarea. Eksamens word afgelê in die vierde kwartaal.

Olimpiades
Die doel van deelname aan olimpiades is om standaarde te meet op nasionale vlak. Alle leerders (graad 4-7) neem deel aand die jaarlikse Wiskunde Olimpiade (AMESA). Conquesta (Die tien beste leerders in elke graad skryf Wiskunde, Afrikaans en/of Engels.)

Fasiliteite

  • Rekenaarakademie
  • ICT-sentrum
  • Media- en navorsingsentrum
  • Rekenaargesteunde onderrigsentrum
  • Kunslokaal