Algemene Inligting
Ons skool se Visie: "Ons skool se visie is om individue te ontwikkel wat met vertroue as
leiers kan optree in 'n snel veranderende wêreld."
Ons skool se Missie: "Ons skool se missie is gerig op die kind as individu: om laerskoolkinders te begelei om hul Godgegewe talente te ontdek en optimaal te ontwikkel binne 'n klimaat van liefde en geborgenheid."
Skool Geskiedenis
Laerskool Welgemoed het sy ontstaan gehad in 1965 met 41 leerders en 2
Opvoeders. Die skool was gehuisves oorkant die straat waar Pick ‘n Pay
tans geleë is. Getrou aan sy leuse, “Prospicimus” (kyk vooruit), het die
skool gegroei en uitgebrei en danksy toegewyde hulp en samewerking van ‘n
betrokkke ouergemeenskap, is Laerskool Welgemoed tegelyk dankbaar en trots
om te kan sê dat ons ons leerders uitstekende fasiliteite bied in ‘n bykans
volmaakte omgewing.
Dit is ons strewe om ‘n warm, ontspanne atmosfeer te skep waarin ons kinders
gekoester word en ons ons missie uitleef om ons leerders te lei sodat hulle
hul Godgegewe talente optimaal kan benut in ‘n klimaat van liefde en
sekuriteit.
Ons is uniek in die sin dat ons ‘n betreklike klein skool is, maar ons is al
geseën met talle onthou-oomblikke waar ons kon deel in die vreugde van
uitsonderlike prestasies deur ons leerders oor ‘n breë spektrum aktiwiteite:
akademiese uitnemendheid, sport, kuns en kultuur, leierskap. Rede genoeg om
onsself “Blessies” te noem, maar by Laerskool Welgemoed verwys ons na
onsself as die “Blessie-familie” as gevolg van die bleshoender op ons
skoolwapen.
By Laerskool Welgemoed dra ons waarlik die belange van elke lid van ons
familie op die hart. In ons strewe na uitnemendheid integreer ons kennis en
tegnologie. Afgesien daarvan dat ons beskik oor ‘n ten volle toegeruste
media-sentrum met ‘n Interaktiewe Witbord-fasiliteit, sowel as ‘n
rekenaarlokaal waar al ons leerders in IT onderrig word, is elke klaskamer
in ons skool ook toegerus met ‘n rekenaar en plasmaskerm. Om ‘n doel te
bereik, is die kulminasie van talent, toewyding en volharding. Sommige is
gedeelde doelwitte, ander is persoonlik. Omdat ons by Laerskool Welgemoed
elke leerder toewens om enigermate van sukses te ervaar, bied ons
remediërende hulp by die Prospicimus Opvoedkundige Sentrum, sowel as toegang
tot gespesialiseerde dienste soos spraak-en arbeidsterapie. Ons het ook ‘n
toegewyde Opvoeder-Ondersteuningspan om leerders by te staan wat hulp
benodig.
Laerskool Welgemoed mag ‘n (relatiewe) klein skool wees, maar ons het ‘n
groot hart en reuse-drome vir ons leerders. Ons voltooi die roete stap vir
stap.
"Feeder/Service areas"
- Tygerberg Heuwels
- Loevenstein
- Hoheizen
- Welgemoed
- Door-de-Kraal
- Welgedacht
- Protea Vallei
- Kanonberg
- Oude Westhof
- Van Riebeeckshof
Maak asb u keuse met die navigasie aan die linkerkant.
|