Welgemoed Primary SchoolWelgemoed Laerskool
welgemoed laerskool dagboek

Upcoming Events

Wednesday 23 May Grade 4 – 7: Geography Test

Rugby matches vs Panorama (away)
Netball matches vs Eversdal (home)

Donderdag 24 Mei Hokkiewedstryde vs Panorama – seuns (weg), dogters (tuis)

Friday 1 June Grade 4 – 7: Technology Test
Cross Country Meeting – CPUT

Saterdag 2 Junie Wintersportdag vs Dirkie Uys - Moorreesburg

Monday 4 June Sport Committee Meeting 18:00 Staffroom

Dinsdag 5 Junie Fisiese Geriewe-vergadering 18:30 Personeelkamer

Wednesday 6 June Grade 4 – 7: LO Test
Rugby matches vs Kenridge (away), Netball matches vs Durbanville & Durbanville Prep (home)

Donderdag 7 Junie Bemarkingsvergadering 18:30

Friday 8 June Cross Country Meeting – Elkanah House

Saterdag 9 Junie Bon Mella Mini-rugbydag (O/7 – O/9) - Durbanville

Monday 11 June Grade 4 – 7: Mathematics 2 Test

Dinsdag 12 – 14 Junie Grondslagfase konsert

Wednesday 13 June Rugby matches vs Goodwoodpark (home), Foundation Phase Concert, Financial Committee Meeting 18:30

Donderdag 14 Junie Grondslagfase konsert

Monday 18 June Foundation Phase Parent Visits

Governing Body Meeting 18:00 Staffroom
Donderdag 21 Junie Mnr en Mej Blessie – gedurende skoolure

Vrydag 22 Junie Skool sluit 11:00

Besoek ons belangrike datums blad »

Please visit our important dates page »

Welkom / Welcome
Laerskool WELGEMOED Primary

GEDAGTE VIR DIE WEEK
Use every obstacle you face as a stepping stone to move closer to the life you desire. The more stones you have, the closer you are to your goal.

FLASH BACK / TERUGBLIK

  • Ons kore het die afgelope week opgetree by die Kaapse Internasionale Eisteddfod en by die Koorfees in Stellenbosch. Ons is baie trots op ons Grondslagfase koor wat 77% behaal het tydens die Kaapse Internasionale Eisteddfod en ‘n goue toekenning verower het by die Stellenbosch se Koorfees. Ons Senior koor het ook ‘n silwer toekenning verower tydens die Stellenbosch Koorfees.
     
  • We took part in the first round of the Mathematics competition of the Northern Education District offices. Our Grade 1 and Grade 2 groups performed exceptionally well. In Grade 1, 60 learners achieved a score higher than 80% and 30 learners achieved a score higher than 90%. Anneri Erasmus, Bernard Slabbert, Johan Botha, Jared Visser and Anya Botev achieved 100%. Die Graad 2-groep het eweneens puik presteer met 65 leerders wat 80% en hoër beheel het en 45 leerders wat 90% en hoër behaal het. Nicola Steyn, Enge Coetzee en Rhys Jones het 100% behaal. Baie geluk aan hierdie leerders.
     
  • Three of our U/12 rugby players were selected to join the WP rugby U/12 group. The skills of these players will be developed over the following months and in September, the final WP U/12 rugby team will be announced. Congratulations to J.P. Luise, Tiaan Williams and Ruben van Tonder who reached the final group.
     
  • Baie geluk aan Alvine Steenkamp en Teagan Maher wat opgeneem is in die Baracuda O/13 Binnehuise hokkiespan wat in Desember aan die nasionale kampioenskappe in Durban gaan deelneem.
     
  • Le Roux van der Merwe is deur na die finale rondte van die seuns O/13 WP-hokkieproewe wat Vrydag afgehandel word. Ons hou duime vas.
     
  • Congratulations to Jihad Essop and Christina Mauer who were selected to represent WP Schools Chess at the Western Cape Schools Chess Tournament in Gansbaai from 11 – 13 July.


DANKIE / THANK YOU
Ons is opregte dank verskuldig aan mev Marelize van Rooyen van Kainos Eiendomme wat aangebied het om die eksklusiewe borg van ons netbaldag te wees. Die dag sal bekendstaan as die Kainos Eiendomme O/11-Netbaldag. Saam met Kainos Eiendomme hoop ons om dit ‘n jaarlikse instelling te maak.

GRONDSLAGFASE KONSERT: Wie is Kaptein Groen?
Kom kyk vanaf 12 – 14 Junie! Ons tema vir die konsert is “Herwinning / Groen” Ons vra dat u die datums sal oophou en ons graad 1 – 3 leerders sal kom ondersteun.

BELLVILLE-NOORD O/13 AANDTOERNOOI
Hierdie toernooi wat onder spreiligte gespeel word, is elke jaar ‘n hoogtepunt op die netbalkalender. Ons O/13A-netbalspan het goed gevaar deur 3 van hulle 4 wedstryde te wen.

Wen Kenridge B 9 – 1
Wen De Tyger 5 – 2
Verloor Brackenfell 6 – 7
Wen De Kuilen 4 – 2

Ons is baie trots op hierdie dogters wat ons skool se naam hoog gehou het deur aanskoulike netbal te speel en goeie sportmanskap te toon teenoor hulle opponente.

DURBANVILLE VOORBEREIDING MINI-NETBALTOERNOOI
Die O/7, O/8 en O/9 netbalspannetjies het die afgelope naweek aan die Fair Cape Netbaltoernooi deelgeneem. Hoewel die kompetisie sterk was, het die dogters tog goeie netbal gespeel en dit terdeë geniet.

Die O/7-spannetjies verdien spesiale vermelding. Hulle het op hul eerste groot netbaluitstappie verbete geveg en stof in hul opponente se oë geskop. Die O/8-spannetjie was eweneens suksesvol, met een oorwinning en een gelykop uitslag.  Anne Venter is Saterdag as die O/9 Speler van die baan aangewys.

BELANGRIKE ADRESSE VAN ONS SKOOL: