Kuns & Kultuur Inligting
Laai Welgemoed Laerskool se kultuur opsies blaadjie hier
af »
KUNSTYE 2012
| Maandag |
Gr 6
Gr 5
Gr 7 |
14:00 - 15:00
15:00 - 16:00
16:00 - 17:00 |
| Dinsdag |
Gr 3
Gr 4
|
15:15 - 16:15
16:15 - 17:15 |
| Woensdag |
Gr 1
Gr 3 |
14:00 - 15:00
15:00 - 16:00 |
| Donderdag |
Gr 1
Gr 2 |
14:15 - 15:15
15:15 - 16:15 |
Toneel tye
Graad 1 - 3: Maandae 14:15 – 15:00 (Lynn Hill se klas)
Graad 4 - 7: Maandae 14:15 – 15:00 (Theresa Fouche se
klas)
Kuns: Graad 1-7
Klasse word aangebied deur gekwalifiseerde leerkragte
met baie jare ervaring. Alle vorme van visuele kuns word
aan die leerders bekend gestel, bv. teken, skilder en
pottebakkery. Verskillende materiale word gebruik, o.a.
tempera, akrielverf, papier-maché, draad ens.
Toneel Graad 1-3
Die hoofdoel van toneel vir graad 1-3 leerders is genot.
Daar word aandag gegee aan verskeie komponente van drama
en leerders se selfvertroue word definitief op hierdie
manier gebou.
Toneel Graad 4-7
Hier val die klem ook op genot. Verskeie aktiwiteite
m.b.t stem, beweging en houding word aangebied. ‘n Kort
toneeltjie met verskeidenheid karakters word opgevoer.
ACT – groep
Hierdie leerders word gekeur en bestaan uit ‘n kleiner
groep. Die groep voer ‘n spesifieke toneelstuk op by
verskeie geleenthede.
Daar word aandag gegee aan die verdere ontwikkeling van
alle aspekte van drama.
Eisteddfod
Ons neem elke jaar deel aan verskeie Eisteddfods. Daar
word in die volgende afdelings deelgeneem: gedigte,
spreekkoor, skeppende skryfwerk, kuns, drama, sang,
prosa, musiek, openbare redevoering en skrif. Leerders
van graad 1-7 word die geleentheid gebied om deel te
neem.
Koor
Die graad 1-3 leerders sing in die Juniorkoor nadat elke
leerder se stem en musikale vermoë individueel getoets
is. Aan die einde van die leerder se graad 3–jaar lê
hy/sy weer ‘n oudisie af waarna suksesvolle kandidate
dan opgeneem word in die Seniorkoor, wat bestaan uit
graad 4-leerders tot graad 7-leerders. Beide kore is
baie aktief en tree op uitnodiging op in kerke en by
sosiale geleenthede. Hulle behaal jaarliks skitterende
uitslae by Eisteddfods soos die Stellenbosch, Tygerberg
en die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod. Die Seniorkoor neem
ook met groot welslae deel aan die ATKV-koorkompetisie,
Applous.
Ons bied ook privaatlesse in die volgende:
musiek,(kitaar, viool, klavier, blokfluit) drama, sang,
dans en ballet. Kontakbesonderhede is beskikbaar by ons
sekretaresse.
Deur musiekopvoeding verwerf die kind dus ‘n middel
wat hom gedurende sy hele lewe, te alle tye en in alle
omstandighede, egte vreugde en genot sal verskaf, en so
sy bestaan op ‘n unieke manier sal verryk.
|