
|
Ons Skoollied
Aan die voet van Tygerberg
Met sagte groene wei –
In ons skool so mooi geleë,
Word ons toekoms voorberei.
Kyk dus ver - dit is ons leus’
En daarop sal ons bou –
Laat ons ook ons ideale
Nastreef en behou.
Laerskool van Welgemoed
Met Pragtig vergesig –
Onse alma mater trots
Maak elkeen doelgerig.
Kyk dan steeds die vertes in –
Met die kennis wat ons buit,
Sal ons strewe altyd wees:
Kyk ver, ja, kyk vooruit!
E. van der Merwe
20-04-1971 |
|
|