Welgemoed Primary SchoolWelgemoed Laerskool


Beheerliggaam
Beleide
Blessie Blits
Omsendbriewe
Ouer - Opvoedersvereniging
Ouer Komitee Vergarderings
Prospicimus Opvoedingsentrum
Skool Prospektus
Skoolfonds
Skooldrag
Skoollied
Skoolreëls
Toelatingsvorm

Skoolreëls

Ons glo in die aankweek en behoud van goeie, positiewe, gesindhede by elke leerder teenoor hom-/ haarself, sy/haar medemens, die ouerhuis, die skool, die gemeenskap, die land en teenoor God. Gesonde aanvaarbare lewenswaardes en norme word gevorm deur middel van riglyne vanuit die ouerhuis, skool en godsdienstige instelling.

1. ALGEMENE GEDRAGSREëLS
1.1 Beserings opgedoen deur leerders op die skoolterrein moet onmiddellik gerapporteer word en die beseerde moet gebring word vir behandeling.
1.2 Geen bakleiery, afknouery of gevaarlik speletjies met skerp voorwerpe word op die skoolterrein toegelaat nie. Leerders mag wel met sagte balle speel, maar nie naby enige vensters nie.
1.3 Slegs leerders met tekkies aan mag op die netbal-/tennisbane speel.
1.4 Daar mag nooit binne die skoolterrein met ‘n fiets gery word nie - alle fietse word gestoot. Dieselfde geld vir rollemskaatse en skaatsplanke.
1.5 Enige vorm van vandalisme is verbode en moet dadelik gerapporteer word. Geen leerder mag oor hekke, drade of in bome klouter nie en beskadiging van skooleiendom moet dadelik aangemeld word.
1.6 Nadat ‘n leerder die skoolterrein soggens betree het, mag geen leerder voor 14:00 die skoolterrein verlaat, sonder die skoolhoof se toestemming nie.
1.7 Leerders moet stiptelik by skool- en buitemuurse bedrywighede opdaag.
1.8 Kougom word nie binne die skoolterrein toegelaat nie.
1.9 Dit is elke leerder se plig om ‘n bydrae te lewer tot die netheid van die skoolgebou en terrein.
1.10 Geen leerder of voorskoolse kind mag gedurende onderrigtyd op die klimrame speel nie.
1.11 Leerders mag nie sonder toestemming deur die spreiers hardloop nie.
1.12 Indien ‘n leerder medies ongeskik is vir deelname aan skoolaktiwiteite, is die voorlegging van ‘n mediese sertifikaat ‘n vereiste. Indien ‘n leerder nie aan ‘n Liggaamlike Opvoeding periode mag deelneem nie, word slegs ‘n brief van die ouers verlang.
1.13 Slegs die publieke telefoon in die ingangsportaal mag voor/na skool of gedurende pouses deur die leerders gebruik word. Leerders mag nie gedurende klasonderrig die publieke telefoon gebruik nie. Geen leerder mag geld daarvoor by die sekretaresse leen nie.
1.14 Selfone mag nie tydens skoolure aan wees nie.
1.15 Leerders mag nie naby voertuie speel nie.

2. GANGE
2.1 Geen leerder word voor skool of gedurende pouses in die gange of klaskamer toegelaat nie.
2.2 Tydens reëndae mag leerders voor skool of gedurende pouse ordelik in die gange of in sy/haar klaskamer vergader.
2.3 Klaswisseling en beweging in die gange geskied altyd ordelik en flink. Leerders stap in ‘n reguit, enkel ry aan die linkerkant en mag nie gesels nie. Niemand mag in die skoolgebou hardloop of speel nie.
2.4 Klerehake voor klaskamers moet altyd netjies vertoon en aan die einde van elke skooldag leeggemaak word.
2.5 Geen leerder mag sonder toestemming van die Opvoeder in die administratiewe gang beweeg nie.
2.6 Leerders gebruik altyd die sy-ingange van die skool en nooit die hoofingang van die skool nie.
2.7 Plakkate, foto’s en kennisgewings wat in die gange opgeplak word, mag nie bekrap word nie. Kennisgewingborde mag slegs gedurende pouse of voor/na skool geraadpleeg word.
2.8 Alle tasse wat in gange geplaas word, moet in ‘n netjiese ry teen die muur gepak word.
2.9 Die lang gang vanaf die geteerde netbalbaan na die musiekkamers mag nie deur die senior primêre leerders gebruik word om die skool te verlaat nie.

3. KLASKAMERS
3.1 Die algemene netheid van die klaskamers is almal se verantwoordelikheid en banke, skryfborde en aansteekborde word te alle tye netjies gehou.
3.2 Die banke mag nie bekrap word nie en slegs handboeke mag aan die einde van ‘n dag onder die bank gelaat word.
3.3 Geen ongewenste leesstof of speletjies word in die klaskamer toegelaat nie. Indien dit by leerders gevind word, sal dit gekonfiskeer word.
3.4 Geen leerder mag die klaskamer verlaat sonder die toestemming van die leerkrag nie.
3.5 Leerders staan op om te groet wanneer die skoolhoof die klaskamer betree.
3.6 Geen etery sonder toestemming van die leerkrag word in die klaskamer toegelaat nie. Slegs op reëndae mag leerders in die klaskamers tydens pouses eet.
3.7 Huiswerkboeke mag nie by die skool gelaat word nie en ouers moet gereeld die huiswerkboek teken.
3.8 Leerders mag nie ander leerders se eiendom bekrap of beskadig nie. Sodanige leerders sal verantwoordelik gehou word vir die skade.
3.9 Beskadiging van eiendom weens oortreding van reëls, sal verhaal word van die leerders betrokke, se ouers.

4. KLOKKE
4.1 Wanneer die eerste klok soggens lui, tree leerders onmiddellik in rye by onderskeie aantreeplekke aan. Wanneer die tweede klok lui, moet alle leerders doodstil staan en luister na moontlike aankondigings.
4.2 Wanneer die klok na pouses lui, beweeg leerders onmiddellik na hul klasse.
4.3 Drie lang/kort luie beteken 'n ontruiming buite/binne.
4.4 Tydens 'n kragonderbreking sal 'n handklok gebruik word.

5. PERSOONLIKE VOORKOMS
5.1 Leerders moet te alle tye voldoen aan die algemeen, aanvaarbare standaarde vir persoonlike netheid, sindelikheid en higiëne. Die dra van die voorgeskrewe skooluniform is verpligtend.

Dogters:

  • Dogters se hare moet altyd netjies versorg wees en nie in die oë hang nie. 
  • Wanneer hare skouerlengte bereik, moet dit vasgemaak word.  Slegs maroen of swart rekkies, en slegs maroen linte of haarbande word toegelaat. Naels moet skoon en kort wees en geen naellak word toegelaat nie.
  • Geen grimering nie.
  • Geen permanente golwing of kleur van hare word toegelaat nie en geen permanente versiersels mag in die hare gevleg word nie. (Geen sonstrepe nie.)
  • Slegs die klein, dun goud of silwer oorringe of knoppies (studs) word toegelaat. Die ring/knoppie (stud) moet aan die oorlel gedra word en slegs een per oor is toelaatbaar.
  • Slegs maroen serpe en handskoene mag gedra word.

Seuns:

  • Seuns se hare moet netjies versorg word – mag nie aan die kraag of aan die wenkbroue raak nie.
  • Seuns se hare mag nie in lae (step) gesny word nie en moet volgens die haarlyn geknip word. Agter neem die hare die vorm van die kop aan.
  • Geen jel word toegelaat nie.
  • Hare mag nie gekleur word nie.

Kleredrag

  • Leerders moet die voorgeskrewe somers/wintersdrag dra.
  • Die korrekte drag moet ook na sportoefeninge, LO-periodes en wedstryde gedra word. 
  • Indien ‘n leerder weens onvermydelike omstandighede hiervan moet afwyk, moet skriftelike toestemming verkry word.
    Slegs die skool se maroen windjakker word toegelaat.
  • Truie en windjakkers se moue mag nie opgestoot word nie en word nie oor die skouers gedra nie.
  • Hemde mag nie uithang nie en lang grys sokkies moet te alle tye opgetrek wees.
  • Swart skoolskoene moet netjies vertoon en gereeld gepoets word.
  • Geen juweliersware, behalwe polshorlosies en Medic-Alert armbandjie, word toegelaat nie.
  • Alle klere moet duidelik gemerk wees en navraag oor verlore goedere moet by ontvangs gedoen word.

6. KLEEDKAMERS
6.1 Kleedkamers moet te alle tye netjies en sindelik gehou word.
6.2 Geen spelery of samedromming word daar toegelaat nie.
6.3 Gedurende skoolure moet daar stilte heers.
6.4 Leerders moet kleedkamers voor skool of gedurende pouses besoek en besoeke tydens lesure tot die minimum beperk.
6.5 Wanneer leerders verklee vir sportoefeninge of wedstryde net na skool, mag die naaste kleedkamer gebruik word.
6.6 Toiletware moet spaarsamig gebruik word. Elke leerder moet sy eie sakdoek / sneesdoekies skool toe bring.
6.7 Enige wangedrag van leerders of defekte in die kleedkamer moet dadelik aan die opvoeder gerapporteer word.
6.8 Leerders mag nie tydens die wisseling van klasse sonder toestemming die kleedkamers besoek nie.